top of page
Anker 1

Ek lê die name van die kinders in U hande

Zuid-Afrikaanse vertaling (door Winy du Preez, zie http://www.dieweg.co.za)

van ‘Ik leg de namen van mijn kinderen in Uw handen’

(door Geeske le Grand-Wiersma, geschreven ca. 1960)

Gebed vir my kinders

 

Ek lê die name van my kinders in U hande.

Graveer U hul daarin met onuitwisbaar skrif.

Dat niks of niemand hul daaruit kan brand nie,

ook nie as satan hul soos koring sif.

 

Hou U my kinders vas as ek hul los moet laat

en laat U krag vir altyd bo hul swakheid staan.

U weet hoe eindeloos die wêreld hul sal haat,

as hul nie met die wêreld saam wil gaan.

 

Ek vra U nie om my kinders hul verdriet te spaar,

maar wees U tog hul troos, as hulle eensaam is en bang.

Wil om U Naams wil hul in U Verbond bewaar,

en laat hul nooit van U vervreem nie, nooit, hul lewe lang!

 

Ek lê die name van my kinders in U hande.

Amen.

bottom of page